LEKKER HOENDER

(Yolandi)

9-12 Hoenderporsies
1 koppie mayonnaise
1 koppie blatjang
1 pakkie bruin uie soppoeier
300ml water

Voeg laaste vier bestanddele bymekaar en meng goed. Giet oor hoenderstukke en bak in ‘n toe skottel in voorverhitte oond by 160º vir 1 uur. Haal deksel af en verbruin.