Pannekoek

(Christelle - Resep by Monica van Schalkwyk gekry)

4 ekstra groot eiers
4 koppies water
2 koppies meel
2.5 ml bakpoeier
5 ml sout
125ml olie (minder as jy 'n non-stick pan gebruik)

Klits eier en water goed saam. Sif meel, bakpoeier & sout saam en voeg by.
Voeg die olie by en klits goed. Bak in 'n warm pan & geniet!