Plaatkoekies (Christelle – resep by Marie Jacobs gekry)

2 koppies meel
2 eiers
5 eetlepels suiker
1 ½ eetlepels gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
1 koppie melk

Klits eiers & suiker saam, voeg ½ koppie melk & gesmelte botter by & meng.
Voeg meel, sout, bakpoeier & ½ koppie melk by & meng goed.
Bak op warm plaat / in pan.